Magika het lankal reeds in Valora uitgesterf. Nadat die gode die kontinent verlaat het, het alle tekens van towerkuns en magiese kragte verdwyn.
Elowen Hanslou is as baba op die stoep van 'n vreemdeling agtergelaat en weet nie wie sy is of waarvandaan sy kom nie. Gewapen met 'n pyl en
boog, bring sy haar dae in Die Donkerwoud deur en steur haar min aan die bangmaakstories van spoke en monsters wat mense steel. Tog verdwyn inwoners van haar tuisdorp vir jare reeds soos mis voor die son.
Wanneer haar suster vermis raak en Elowen vermoed dat sy ontvoer is, reis sy na die hoofstad om die koning om hulp te smeek.
Daar aangekom, ontmoet sy 'n gesluierde man en verloor haar hart dadelik op die aantreklike vreemdeling, min wetend dat hy die befaamde kroonprins van Viridis is.
Toegang tot die koning is nie moontlik nie en die enigste wyse waarop Elowen hom kan spreek, is deur aan 'n kompetisie deel te neem waarvan die prys 'n uitnodiging na die koninklike Lentebal is. Dinge verloop egter nie volgens plan nie en weens 'n sameloop van omstandighede buite haar beheer, word sy van die allerverskriklikste misdaad aangekla.
Intussen word sy deur 'n donker vyand agtervolg wat haar ten alle koste wil opspoor vanwe die kosbare magika wat in haar are loop.
外文書商品之書封,為出版社提供之樣本。實際出貨商品,以出版社所提供之現有版本為主。部份書籍,因出版社供應狀況特殊,匯率將依實際狀況做調整。
無庫存之商品,在您完成訂單程序之後,將以空運的方式為你下單調貨。為了縮短等待的時間,建議您將外文書與其他商品分開下單,以獲得最快的取貨速度,平均調貨時間為1~2個月。
為了保護您的權益,「三民網路書店」提供會員七日商品鑑賞期(收到商品為起始日)。
若要辦理退貨,請在商品鑑賞期內寄回,且商品必須是全新狀態與完整包裝(商品、附件、發票、隨貨贈品等)否則恕不接受退貨。